Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:9-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Yeshua sê vir hulle: “Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie omdat hy die lig van hierdie wêreld sien,

10. maar as iemand in die nag loop, struikel hy omdat die lig nie in hom is nie.”

11. Nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hulle: “El’azar, ons vriend, slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

12. Hierop sê Sy studentevolgelinge: “Meester, as hy slaap, sal hy gesond word.”

13. Yeshua het egter gepraat van sy dood terwyl hulle gedink het dat Hy van lê en slaap praat.

14. Toe sê Yeshua vir hulle reguit: “El’azar is dood.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11