Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:40-49 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Yeshua sê vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy aanhou vertrou, jy die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God sal sien nie?”

41. Hulle vat die klip weg en Yeshua lig Sy oë op na bo en sê: “Vader, Ek dank U dat U My gehoor het

42. en Ek weet dat U My altyd hoor, maar ter wille van die skare mense wat hier staan, sê Ek dit sodat hulle kan vertrou dat U My gestuur het.”

43. Nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n harde stem uitgeroep: “El’azar, kom uit!”

44. Hy wat gesterf het, het uitgekom met grafdoeke aan sy hande en voete gebind en sy gesig was toegedraai met ’n doek. Yeshua sê vir hulle: “Maak hom los en laat hom gaan.”

45. Baie van die Jode wat na Miryam toe gekom het, het in Hom vertrou toe hulle sien wat Yeshua gedoen het,

46. maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en vir hulle vertel wat Yeshua gedoen het.

47. Die leierpriesters en die Fariseërs het bymekaargekom en gesê: “Wat sal ons doen, hierdie man doen baie wondertekens?

48. As ons Hom so sal toelaat, sal almal in Hom vertrou en die Romeine sal kom en ons posisie en ons nasie wegvat.”

49. Een van hulle, wie se naam Kayafa was, wat daardie jaar hoofpriester was, sê vir hulle: “Julle verstaan niks nie

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11