Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:30-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Yeshua het nog nie by die dorp gekom nie, maar was op die plek waar Marta Hom ontmoet het.

31. Toe die Jode, wat by haar in die huis was en haar vertroos het, sien dat Miryam vinnig opstaan en uitgaan, het hulle saam met haar gegaan en gedink dat sy na die graf toe gaan om daar te huil.

32. Toe Miryam by Yeshua kom en Hom sien, val sy voor Sy voete neer en sê vir Hom: “O, as my Meester hier was, sou my broer nie gesterf het nie.’

33. Toe Yeshua haar en die Jode wat saam met haar gekom het sien huil, is Hy kragtig aangeraak in Sy Gees en was Hy van binne omgekrap.

34. Hy het gevra: “Waar het julle hom neergelê?” Hulle sê vir Hom: “Ons Meester, kom kyk.”

35. Yeshua het gehuil.

36. Die Jode het gesê: “Kyk hoe lief het Hy hom gehad!”

37. Sommige van hulle sê: “Kon Hy wat die oë van die blinde man oopgemaak het, nie verhoed het dat hierdie man sterf nie?”

38. Yeshua is kragtig geraak in Homself en het by die graf gekom. Die graf was ’n grot, met ’n klip voor die ingang geplaas.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11