Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:17-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Met Yeshua se aankoms in Beit-Anyah, het Hy gevind dat hy al vier dae in die graf was.

18. Beit-Anyah was langs Yerushalayim, ongeveer drie kilometer weg

19. en baie van die Jode het na Marta en Miryam toe gekom om hulle oor hul broer te vertroos.

20. Toe Marta hoor dat Yeshua gekom het, het sy uitgegaan om Hom te ontmoet, maar Miryam het in die huis gesit.

21. Marta sê vir Yeshua: “My Meester, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie,

22. maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God vir U sal gee.”

23. Yeshua sê vir haar: “Jou broer sal opstaan.”

24. Marta sê vir Hom: “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding op die laaste dag.”

25. Yeshua antwoord haar: “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Opstanding en die Lewe; wie in My vertrou, sal lewe al was hy ook dood

26. en elkeen wat lewe en in My vertrou, sal nooit sterf tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”

27. Sy antwoord Hom: “Ja, my Meester, ek vertrou dat U Die Gesalfde Een is, die Seun van God, wat in die wêreld gekom het.”

28. Nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep vir Miryam, haar suster, eenkant en sê: “Ons Leermeester het gekom en Hy roep jou.”

29. Toe Miryam dit hoor, het sy vinnig opgestaan en na Hom toe gegaan.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11