Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Sekere El’azar van die dorp Beit-Anyah, Miryam en Marta se broer, was siek.

2. Dit was dié Miryam wat Yeshua se voete gesalf het met welriekende olie en afgedroog het met haar hare, wie se broer, El’azar, siek was.

3. Die twee susters het na Yeshua gestuur en gesê: “Ons Meester, let op, hy vir wie U liefhet, is siek.”

4. Yeshua sê egter: “Hierdie siekte is nie tot die dood nie, maar tot die eer, lof en aanbidding van God sodat die Seun van God daardeur vereer en geloof kan word.”

5. Yeshua het Marta, Miryam en El’azar liefgehad.

6. Toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy nog twee dae in die plek waar Hy was, gebly.

7. Daarna sê Hy vir die studentevolgelinge: “Kom, ons moet weer na Y’hudah toe gaan.”

8. Die studentevolgelinge vra vir Hom: “Leermeester, die Jode wil U stenig en U gaan weer terug daarheen?”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11