Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hudah 1:9-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. maar toe Mikha’el, die hoofengel, met die teëstander gepraat het oor die liggaam van Moshe, het hy geen oordeel van kwaadpraat teen hom gebring nie, maar hy het gesê: ‘יהוה bestraf jou!’

10. Hierdie mense praat egter kwaad teen alles wat hulle nie verstaan nie en alles wat hulle, soos redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur word hulle vernietig.Gen 4:1-16 gegaan het en agter die misleiding van Bil’amNum 22 aan, met blydskap vir geld betower is en vernietig is in die rebellie van Korag.Num 16

11. Wee hulle, wat op die pad van Kayin

12. Dit is hulle wat tekere gaan by hulle feeste terwyl hulle onrein is en hulleself voed sonder vrees; waterlose wolke deur winde rondgedrywe; dooie bome sonder vrugte, wat twee maal dood is, uitgetrek by die wortels;

13. wilde golwe van die see, wat hulle skandes wys deur hulle skuim; dwalende sterre, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig gereserveer word.Gen 5:18-24 die sewende geslag van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: ‘Let op, יהוה kom met ’n tallose menigte van Sy afgesonderdes,

14. Hanokh,

15. om oordeel te vel oor almal en al die mense te straf; die wat boosheid gedoen het vir hulle dade en oor al die harde woorde wat die bose sondaars gesê het.’

16. Dit is hulle wat murmureer en kla oor alles terwyl hulle volgens hulle eie begeertes leef en met hulle mond skuld uitspreek en mense vlei ter wille van voordeel,

17. maar julle, vir wie ons lief is, onthou die boodskappe wat vroëer verkondig is deur die afgevaardigdes van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

18. wat vir julle gesê het: ‘In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie begeertes agter boosheid aangaan.’

19. Dit is hulle wat die natuurlike mens uitlig, want die Gees is nie by hulle nie.

20. Julle egter, vir wie ons lief is, wees bemoedig in julle afgesonderde vertroue van bo af deur die Gees van Afsondering terwyl julle bid.

21. Laat ons onsself in die liefde van God hou terwyl ons uitkyk vir die aktiewe omgee van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een tot ons ewige lewe

22. en sommige van die wat in die vuur is uitruk.

23. Wanneer hulle erken, berou het en wegdraai, wys liefdevolle omgee aan hulle met respek terwyl julle selfs die klere haat wat deur die sondige natuur bevlek is.

24. Aan Hom wat in staat is om ons te bewaar sonder oortreding en sonder ontering en ons in vreugde voor Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid sonder vlek laat staan,

25. Hy alleen is God, ons Verlosser, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester; aan Hom kom toe die lofprysing, die danksegging, die eer en die majesteit, nou en tot in alle tye! Dit is waar.

Lees volledige hoofstuk Y'hudah 1