Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hudah 1:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Y’hudah, die dienskneg van Yeshua, Die Gesalfde Een en broer van Ya’akov: aan die ander nasies, wat deur God-die-Vader, as húlle vir wie ons lief is, geroep is en deur Yeshua, Die Gesalfde Een, bewaar word:

2. mag liefdevolle omgee, vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en liefde vir julle vermenigvuldig word!

3. Julle vir wie ons lief is: terwyl ek in alle erns, oor die lewe wat ons deel, skryf, is ek oortuig om julle deur my skrywe op te roep om ernstig te stry vir die vertroue wat eenmaal aan die afgesonderdes oorgegee is,

4. want mense, waaroor lank gelede reeds geskryf is vir hierdie oordeel, het toegang verkry; bose mense wat die onverdiende guns van ons God verdraai tot ’n verwerplikheid en Hom wat die enigste Meester is, God en ons Meester, Yeshua Die Gesalfde Een, ontken.

5. Ek wil julle egter herinner, soos julle reeds weet, dat God, toe Hy die volk uit Mitzrayim uitgehaal het, hulle wat nie vertrou het nie, daarna vernietig het

6. en die engele, wat nie binne hulle oorspronklike outoriteitssfeer gebly het nie, maar hulle eie lewenswyse verlaat het, vir die groot oordeelsdag in die onbekende duisternis met boeie vasgebind het.

Lees volledige hoofstuk Y'hudah 1