Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 5:7-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Wees julle egter, net soos die plaasboer wat die kosbare vrugte van die aarde afwag en geduld het daarmee totdat hy die vroeë- en die laatreën ontvang het, geduldig, my broers,

8. Julle moet ook net so geduldig wees, versterk julle verstand, wil en emosie, want die koms van ons Meester kom nader.

9. Moenie kla oor mekaar nie, my broers sodat julle nie geoordeel word nie. Let op, die Regter staan voor die deur.

10. My broers, neem die profete wat in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה gepraat het, vir julle as voorbeeld van geduld, in julle lyding.Eks 34:6; Ps 103:8; Ps 111:4

11. Let op, ons noem hulle wat uithou en aanhou gelukkig. Julle het gehoor van die volhardende geduld van Iyov en julle weet wat die einddoel van יהוה met hom was omdat יהוה vol liefdevolle omgee en onverdiende guns is.Mat 5:33-37

12. Bo alles, my broers, moenie ’n eed sweer by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook nie by ’n ander eed nie, maar laat julle “ja” ja wees en julle “nee” nee sodat julle nie onder ’n oordeel val nie.

13. Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand vrolik? Laat hom met musiek en instrumente sing.

14. Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die oudstes van die gemeente roep en laat hulle oor hom bid en hom in die Outoriteit en Karakter van ons Meester met olie salf

15. en die gebed van vertroue sal die sieke gesond maak; ons Meester sal hom herstel en as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

16. Erken julle oortredinge teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle genees kan word. Die gebed van ’n onskuldige is baie kragtig en effektief.

17. Eliyahu was ’n mens onderworpe aan lyding, net soos ons; hy het gebid dat dit nie moes reën nie en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie1 Kon 17:1; 1 Kon 18:42-45 en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrugte gegee.

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 5