Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 5:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Julle het op die aarde uitspattig gelewe en julle ooreet. Julle het jul liggame vet gevoer soos vir ’n slagdag.

6. Julle het Die Onskuldige Een veroordeel en vermoor; Hy het nie teen julle weerstand gebied nie.Deut 11:14; Yir 5:24; Yo’el 2:23 tot by die koms van יהוה:

7. Wees julle egter, net soos die plaasboer wat die kosbare vrugte van die aarde afwag en geduld het daarmee totdat hy die vroeë- en die laatreën ontvang het, geduldig, my broers,

8. Julle moet ook net so geduldig wees, versterk julle verstand, wil en emosie, want die koms van ons Meester kom nader.

9. Moenie kla oor mekaar nie, my broers sodat julle nie geoordeel word nie. Let op, die Regter staan voor die deur.

10. My broers, neem die profete wat in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה gepraat het, vir julle as voorbeeld van geduld, in julle lyding.Eks 34:6; Ps 103:8; Ps 111:4

11. Let op, ons noem hulle wat uithou en aanhou gelukkig. Julle het gehoor van die volhardende geduld van Iyov en julle weet wat die einddoel van יהוה met hom was omdat יהוה vol liefdevolle omgee en onverdiende guns is.Mat 5:33-37

12. Bo alles, my broers, moenie ’n eed sweer by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook nie by ’n ander eed nie, maar laat julle “ja” ja wees en julle “nee” nee sodat julle nie onder ’n oordeel val nie.

13. Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand vrolik? Laat hom met musiek en instrumente sing.

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 5