Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 5:15-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en die gebed van vertroue sal die sieke gesond maak; ons Meester sal hom herstel en as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

16. Erken julle oortredinge teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle genees kan word. Die gebed van ’n onskuldige is baie kragtig en effektief.

17. Eliyahu was ’n mens onderworpe aan lyding, net soos ons; hy het gebid dat dit nie moes reën nie en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie1 Kon 17:1; 1 Kon 18:42-45 en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrugte gegee.

18. en hy het weer gebid,

19. My broers, as een van julle van die pad van die waarheid afgedwaal het en iemand hom van sy fout af laat omdraai na God toe,

20. laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van die foute van sy lewe, na God toe laat omdraai, ’n gees uit die dood red en ’n menigte sondes bedek.

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 5