Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 5:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. O, julle rykes, kerm en huil oor die ellendes wat oor julle kom.

2. Julle rykdom is verrot en stink en julle klere is deur die motte geëet.Luk 12:33

3. Julle goud en silwer is verroes en hulle roes sal tot ’n getuienis teen julle wees en sal, soos ’n vuur, julle vlees verteer, dit wat julle vir die laaste dae vir julle bymekaar gemaak het!Lev 19:13 en die geroep van die wat geoes het, het gekom tot die ore van יהוה, God van die hemelse leermag.

4. Let op, die loon van die arbeiders, wat julle lande afgeoes het, wat deur julle bedrog teruggehou is, roep uit

5. Julle het op die aarde uitspattig gelewe en julle ooreet. Julle het jul liggame vet gevoer soos vir ’n slagdag.

6. Julle het Die Onskuldige Een veroordeel en vermoor; Hy het nie teen julle weerstand gebied nie.Deut 11:14; Yir 5:24; Yo’el 2:23 tot by die koms van יהוה:

7. Wees julle egter, net soos die plaasboer wat die kosbare vrugte van die aarde afwag en geduld het daarmee totdat hy die vroeë- en die laatreën ontvang het, geduldig, my broers,

8. Julle moet ook net so geduldig wees, versterk julle verstand, wil en emosie, want die koms van ons Meester kom nader.

9. Moenie kla oor mekaar nie, my broers sodat julle nie geoordeel word nie. Let op, die Regter staan voor die deur.

10. My broers, neem die profete wat in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה gepraat het, vir julle as voorbeeld van geduld, in julle lyding.Eks 34:6; Ps 103:8; Ps 111:4

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 5