Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 4:11-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Broers, moenie teen mekaar praat nie. Hy wat teen sy broer praat en sy broer oordeel, praat teen die wet en oordeel die wet en as jy die wet oordeel, is jy nie ’n doener van die wet nie, maar sy regter.

12. Hy wat die geskrewe wet gee en oordeel, is Een. Wie is in staat om aan jou lewe te gee en jou te vernietig? Jy, wie is jy wat jou naaste oordeel?

13. Wat sal ons sê van hulle wat sê: “Vandag of môre sal ons na ’n stad toe gaan en daar een jaar lank werk en handel drywe en wins maak”Spr 27:1 want soos wat is ons lewe? Dit is ’n mis wat vir ’n kort tydjie verskyn en dan verdwyn en weggaan.

14. en hulle weet nie eens wat môre bring nie,

15. In plaas dat hulle sê: “As יהוה wil en ons lewe, sal ons dit of dat doen,”

16. maar nou roem hulle in hul trots. Al sulke roem is boosheid.

17. Wie ook al weet wat goed is en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 4