Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 3:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die tong is ook ’n vuur en die wêreld van boosheid soos ’n oerwoud. Die tong op sy eie onder die lede, besmet ons hele liggaam en dit steek die opeenvolgende generasies aan, wat soos wiele voortrol en brand soos vuur,

7. want die natuur van alle soorte wilde diere, voëls, reptiele, sowel as seediere, word getem deur die menslike natuur,

8. maar die mens is nie in staat om die tong te tem nie. Dit is onbeheerbaar boos, vol dodelike gif.Gen 1:26-27

9. Daarmee seën ons יהוה-die-Vader en daarmee vervloek ons mense, wat gemaak is na die beeld van God.

10. Uit dieselfde mond kom seëninge en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so te wees nie.

11. Is dit moontlik dat uit dieselfde fontein vars en bitter water uitkom?

12. Of kan ’n vyeboom, my broers, olywe dra, of ’n wingerdstok, vye? Net so word bitter water nie soet gemaak nie.

13. Wie is wys en intelligent onder julle? Laat hom sy goeie dade wys in ’n mooi lewenswyse, in die wysheid van nederigheid,

14. maar as daar bittere jaloesie en selfsug in julle gedagtes, wil en emosies is, moenie grootpraat en lieg teen die waarheid nie.

15. Hierdie wysheid kom nie van bo af nie, maar is aards, uit die denke van die self en vanaf demone,

16. want waar jaloesie en selfsug is, daar is wanorde en allerhande bose dinge,

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 3