Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 3:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar moenie baie leermeesters onder julle wees nie, my broers, want julle weet dat ons ’n groter beoordeling sal ontvang,Spr 18:21

2. want ons almal struikel dikwels. Elkeen wat nie struikel in wat hy sê nie; hy is ’n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam te beheer.

3. Let op, ons sit stange in die perde se bekke sodat hulle ons gehoorsaam kan wees en ons draai hulle hele liggaam daarmee.

4. Ook soos skepe, magtig en deur sterk winde voortgedryf, deur ’n baie klein, harde stukkie hout gestuur word net waarheen die stuurman wil;Ya’a 1:26

5. net so is die tong ook ’n klein ledemaatjie en het heerskappy. ’n Klein vuurtjie steek ’n groot woud aan die brand!

6. Die tong is ook ’n vuur en die wêreld van boosheid soos ’n oerwoud. Die tong op sy eie onder die lede, besmet ons hele liggaam en dit steek die opeenvolgende generasies aan, wat soos wiele voortrol en brand soos vuur,

7. want die natuur van alle soorte wilde diere, voëls, reptiele, sowel as seediere, word getem deur die menslike natuur,

8. maar die mens is nie in staat om die tong te tem nie. Dit is onbeheerbaar boos, vol dodelike gif.Gen 1:26-27

9. Daarmee seën ons יהוה-die-Vader en daarmee vervloek ons mense, wat gemaak is na die beeld van God.

10. Uit dieselfde mond kom seëninge en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so te wees nie.

11. Is dit moontlik dat uit dieselfde fontein vars en bitter water uitkom?

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 3