Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 1:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ya’akov, ’n dienskneg van God en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die twaalf stamme wat verstrooi is onder die nasies: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!

2. Laat daar alle vreugde onder julle wees, my broers, wanneer julle deur allerhande en baie versoekinge gaanRom 5:2-5

3. omdat julle weet dat die toetsing van vertroue vir julle volharding bereik,

4. maar die volharding moet self aanhou werk tot volmaaktheid sodat julle volmaak en volledig kan wees en in niks kortkom nie,Spr 2:3-6

5. maar as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal vrylik gee sonder om te verwyt en dit sal aan hom gegee word.Ps 37:4

6. Hy moet egter in vertroue vra, sonder om te twyfel, want hy wat twyfel, is soos die golwe van die see wat deur die wind gedryf word,

7. want só ’n mens moenie dink dat hy enige iets van יהוה sal ontvang nie.

8. Wie ook al twyfel in sy gedagtes, het probleme in al sy doen en late.

9. Laat die arm broer roem dat hy opgelig word

10. en die ryke, in sy vernedering, want soos ’n blom van die veld sal hy verbygaan,

11. want die son kom op met sy hitte en laat die plant wegdroog en sy blom afval en die grasie van sy voorkoms word so vernietig; so sal die ryke ook in sy lewe wegkwyn.

12. Geseënd is die man wat volhard as hy getoets word, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang, wat God beloof, aan die wat Hom liefhet.

13. Laat niemand, as hy versoek word, sê: “Ek word deur God versoek nie,” want God is nie bekend met boosheid nie en Hy versoek nie die mens nie,

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 1