Ou Testament

Nuwe Testament

Titos 3:9-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. maar bly weg van dwase debatte, stories van geslagsregisters, twis en argumente van die leraars van die wet, want dit is onvrugbaar en waardeloos.

10. Onttrek jou van ’n verkondiger van vals leringe ná die eerste en tweede waarskuwing,

11. wetende dat so iemand wat wegdwaal van wat reg is, sondig en homself veroordeel.

12. Wanneer ek Artemas of Tugikos na jou toe gestuur het, doen moeite om na my toe te kom in Nikopolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.

13. Aangaande Zenas, die leraar van die wet en aangaande Apollos moet jy moeite doen om hulle goed te versorg sodat hulle aan niks tekort het nie.

14. Hulle sal ons mense ook leer om goeie dade te ontwikkel in sake van nood sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.

15. Almal wat saam met my is, groet jou. Groet dié in vertroue vir wie ons omgee. Onverdiende guns bly by julle almal! Dit is waar.

Lees volledige hoofstuk Titos 3