Ou Testament

Nuwe Testament

Titos 3:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Herinner hulle om heersers en outoriteite te gehoorsaam, hulle te onderwerp en voorbereid te wees vir elke goeie werk;

2. om niemand te beledig nie, nie te wedywer nie, maar nederig te wees in alles en aan alle mense hulle sagtheid te wys,

3. want ons was ook vroeër dwaas, sonder oortuiging, ons was mislei, slawe van veranderende begeertes. Ons was betrokke in boosheid en jaloesie, verwerplik en het mekaar gehaat,

4. maar toe Sy sagtheid en die liefdevolle goedheid van God, ons Lewegewer, openbaar is,Yog 3:3

5. het Hy ons Lewe gegee; nie op grond van die dade van onpartydige opregtheid, wat ons gedoen het nie, maar deur Sy eie liefde, deur die wassing van die geboorte wat van bo af is en deur die vernuwing van die Gees van Afsondering;

6. die Een wat Hy oorvloediglik oor ons uitgestort het, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Lewegewer

7. sodat ons deur Sy onverdiende guns onskuldig verklaar kan word en erfgename kan word deur die versekerde verwagting van die ewige lewe.

8. Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap en ek wil hê dat jy hulle van hierdie dinge sal verseker sodat die wat in God vertrou, ernstig kan wees om goeie werke te ontwikkel; hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense,

9. maar bly weg van dwase debatte, stories van geslagsregisters, twis en argumente van die leraars van die wet, want dit is onvrugbaar en waardeloos.

Lees volledige hoofstuk Titos 3