hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Titos 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sê jy egter dít wat by die regte leer pas.

2. Leer dat die ou manne waaksaam moet wees in hulle gedagtes, beskeie, rein, suiwer in vertroue, in liefde en in geduld.

3. Op dieselfde manier moet die ouer vroue in hulle optrede wees soos dit aanbidding tot God pas en nie kwaadpraters wees of afhanklik van baie wyn nie, maar leraars van wat uitstekend is

4. sodat hulle die jong vroue kan dissiplineer om hulle mans en kinders lief te hê,

5. kuis te wees, afgesonderd, om goed vir hulle huishoudings te sorg en hulle eie mans te gehoorsaam sodat daar nie kwaad gepraat word teen die boodskap van God nie.

6. Doen ’n beroep op die jong manne om net so ernstig te wees.Efe 2:10 Laat jou spraak opbouend wees,

7. Wys jouself in alles as ’n bloudruk vir goeie dade en in leringe.

8. wat ernstig is, nie korrup nie en laat geen mens dit minag nie sodat ons teëstanders beskaam kan word omdat hulle niks ongunstig kan hê om teen ons te sê nie.

9. Slawe moet gehoorsaam wees aan hulle eie meesters en hulle in alles tevrede stel en nie teëpraat nie;

10. hulle moet ook niks steel nie, maar in alles hulle goeie lojaliteit wys, om die leringe van God, ons Lewegewer, in alles ten toon te stel,

11. want die Lewegewende onverdiende guns van God, is aan alle mense openbaar

12. en dit lei ons om boosheid en wêreldse begeertes te verwerp en in reinheid, onpartydige opregtheid en in die aanbidding van God in hierdie wêreld te leef,

13. terwyl ons uitkyk vir die geseënde, versekerde verwagting en die openbaring van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die grote God en ons Lewegewer, Yeshua, Die Gesalfde Een,Deut 14:2; Yeg 11:19; Ps 135:4 wat ywerig is in goeie dade.

14. wat Homself in ons plek gegee het om ons los te koop uit alle oortredings van die wet en vir Homself ’n nuwe volk te reinig,

15. Sê hierdie dinge en vereis dit en bestraf met alle outoriteit en laat niemand jou verag nie.Yir 29:7; Mat 22:19-21; Rom 13:1-6; 1 Tim 2:2; 1 Kef 2:13