Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 8:25-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. As ons verwag wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met geduld.

26. Net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie wat nodig is, waarvoor ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitgesproke kreuninge

27. en Hy wat die verstand, wil en emosie ondersoek, weet wat die bedoeling van die Gees is omdat Hy, ooreenkomstig die wil van God, vir die afgesonderdes intree.Deut 6:5 Hy hulle in alles help tot die goeie, vir hulle wat Hy opsy gesit het om geroep te word,

28. Ons weet dat, vir hulle wat God liefhet,

29. want die wat Hy vooruit geken het, dié het Hy ook vooruit gevorm om te lyk net soos die beeld van Sy Seun sodat Hy die Eersgeborene kan wees onder baie broers

30. en die wat Hy vooruit gevorm het, dié het Hy ook geroep en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook onskuldig verklaar en die wat Hy onskuldig verklaar het, aan dié het Hy ook Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gegee.

31. Wat sal ons daarom van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie is teen ons?

32. As Hy selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom, in plaas van ons almal, oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ook vir ons alles gee nie?

33. Wie sal beskuldigings inbring teen dié wat God gekies het? God verklaar onskuldig.

34. Wie is dit wat veroordeel? Die Gesalfde Een is Hy wat gesterf het, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterkant van God is, wat ook vir ons onthalwe intree.

35. Wat sal my skei van die liefde van Die Gesalfde Een: lyding, gevangeskap, vervolging, hongersnood, naaktheid, gevaar of die swaard?Ps 44:23

36. Soos geskrywe is: “Om U ontwil word ons die hele dag lank doodgemaak, ons is gereken as skape vir die slagting.”

37. In al hierdie dinge oorwin ons egter, deur Hom wat ons liefhet,

38. want ek is oortuig daarvan dat geen dood of lewe of engel of outoriteit of leërmag of dinge wat nou bestaan of dinge wat sal kom

39. of hoogte of diepte of enige ander skepsel in staat is om my af te sny van die liefde van God, wat daar in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is nie.

Lees volledige hoofstuk Romeine 8