Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 6:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. As ons daarom saam met Die Gesalfde Een dood is, laat ons vertrou dat ons saam met Die Gesalfde Een sal lewe

9. omdat ons weet dat Die Gesalfde Een opgestaan het uit die dood en nie weer sal sterf nie en die dood geen outoriteit oor Hom het nie.

10. Hy wat dood is vir die sonde, het een maal gesterf en omdat Hy leef, leef Hy vir God.

11. Net so moet julle ook julleself beskou as dood vir die sonde en dat julle leef vir God in eenheid met ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

12. Die sonde sal daarom nie in julle dooie liggame heers, asof julle aan sy begeertes gehoorsaam sou wees nie.

13. Moet ook nie julle lede aanbied as wapens vir boosheid tot sonde nie, maar bied julleself aan vir God as mense wat uit die dood uit lewend is en julle lede sal wapens wees vir die onpartydige opregtheid van God.

14. Sonde het nie outoriteit oor julle nie, want julle is nie onder die geskrewe wet nie, maar onder onverdiende guns.

15. Wat dan? Sal ons sonde doen omdat ons nie onder die geskrewe wet is nie, maar onder die onverdiende guns? ’n Verwerplike gedagte!

16. Weet julle nie dat julle, aan wie julle ook al julself aanbied om gehoorsaam te wees, sy slaaf is om aan hom gehoorsaam te wees nie; òf dit die sonde, òf die onpartydige opregtheid is waarna jy luister?

17. Dank God dat julle slawe van die sonde was en vanuit julle verstand, wil en emosie gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle gebring is

18. en toe julle vrygemaak is van die sonde, het julle slawe geword van die onpartydige opregtheid.

Lees volledige hoofstuk Romeine 6