Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 6:14-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Sonde het nie outoriteit oor julle nie, want julle is nie onder die geskrewe wet nie, maar onder onverdiende guns.

15. Wat dan? Sal ons sonde doen omdat ons nie onder die geskrewe wet is nie, maar onder die onverdiende guns? ’n Verwerplike gedagte!

16. Weet julle nie dat julle, aan wie julle ook al julself aanbied om gehoorsaam te wees, sy slaaf is om aan hom gehoorsaam te wees nie; òf dit die sonde, òf die onpartydige opregtheid is waarna jy luister?

17. Dank God dat julle slawe van die sonde was en vanuit julle verstand, wil en emosie gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle gebring is

18. en toe julle vrygemaak is van die sonde, het julle slawe geword van die onpartydige opregtheid.

19. Ek praat menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees, want net soos julle jul liggaamsdele as slawe aangebied het van die onreinheid en wetsoortreding, so moet julle nou ook jul lede aanbied as slawe van die onpartydige opregtheid en afsondering,

20. want toe julle slawe geword het van die sonde, het julle vry geraak van die onpartydige opregtheid.

21. Watter vrug het julle toe gehad? Dit waaroor julle jul nou skaam, want die uiteinde daarvan is die dood.

22. Nou, omdat julle vrygemaak is van die sonde en slawe geword het van God, lei die voordeel wat julle trek tot afgesonderdheid en die uiteinde is die ewige lewe.

23. Die eindproduk van die sonde is die dood, maar die geskenk van God is die ewige lewe, in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

Lees volledige hoofstuk Romeine 6