Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 6:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wat sal ons daarom sê? Sal ons in die sonde bly sodat die onverdiende guns meer kan word?

2. ’n Verwerplike gedagte! Hoe kan enige een van ons wat dood is vir die sonde, weer daarin leef?

3. Of weet julle nie dat díe van ons wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, gedoop is, in Sy dood gedoop is nie?Efe 3:20; Fil 3:10

4. Ons is saam met Hom begrawe in die doop tot die dood sodat net soos Die Gesalfde Een uit die dood uit opgestaan het deur die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader, ons ook net so in ’n nuwe lewe kan leef,

5. want as ons een geword het met Hom deur dieselfde dood as Hy, sal ons ook een wees met Hom in dieselfde opstanding as Hy.

6. Ons weet dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is sodat die liggaam van sonde vernietig sou word sodat ons nie langer ’n slaaf van die sonde sal wees nie,

7. want hy wat dood is, het homself van die sonde bevry.2 Tim 2:11-13

8. As ons daarom saam met Die Gesalfde Een dood is, laat ons vertrou dat ons saam met Die Gesalfde Een sal lewe

9. omdat ons weet dat Die Gesalfde Een opgestaan het uit die dood en nie weer sal sterf nie en die dood geen outoriteit oor Hom het nie.

10. Hy wat dood is vir die sonde, het een maal gesterf en omdat Hy leef, leef Hy vir God.

11. Net so moet julle ook julleself beskou as dood vir die sonde en dat julle leef vir God in eenheid met ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

12. Die sonde sal daarom nie in julle dooie liggame heers, asof julle aan sy begeertes gehoorsaam sou wees nie.

13. Moet ook nie julle lede aanbied as wapens vir boosheid tot sonde nie, maar bied julleself aan vir God as mense wat uit die dood uit lewend is en julle lede sal wapens wees vir die onpartydige opregtheid van God.

14. Sonde het nie outoriteit oor julle nie, want julle is nie onder die geskrewe wet nie, maar onder onverdiende guns.

Lees volledige hoofstuk Romeine 6