Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 5:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en die uithouvermoë vervolmaak ondervinding en die ondervinding vervolmaak versekerde verwagting

5. en die versekerde verwagting beskaam nie omdat die oorlopende liefde van God reeds in ons verstand, wil en emosie uitgestort is deur die Gees van Afsondering wat aan ons gegee is.

6. Waarlik, Die Gesalfde Een het ter wille van ons swakheid, op díé tyd, in die plek van bose mense gesterf.

7. Iemand sal moeilik vir ’n bose sterf; vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterf.

8. Hierin wys God Sy liefde vir ons: dat Die Gesalfde Een in ons plek gesterf het toe ons sekerlik nog sondaars was.

9. Hoeveel te meer sal ons, nou dat ons onskuldig verklaar is in Sy bloed, deur Hom gered word van die toorn,

10. want as ons verhouding met God, terwyl ons nog vyande was, deur die dood van Sy Seun, herstel is, hoeveel te meer sal ons deur Sy Lewe leef noudat ons verhouding herstel is.

11. Nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, want dit is in Hom wat ons nou die herstel van ons verhouding ontvang het,Gen 3:17 en deur die sonde die doodGen 3:19 en die dood só na alle mense toe deurgekom het omdat almal gesondig het.

Lees volledige hoofstuk Romeine 5