Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 5:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Omdat ons onskuldig verklaar is, sal daar daarom deur vertroue, vir ons vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid by God wees deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

2. want in Hom is ons, deur vertroue, in hierdie onverdiende guns in gebring, waarin ons staan en ons verheug ons in die versekerde verwagting van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God.Ya’a 1:3

3. Nie alleen so nie, maar ons verheug ons ook in die pyniginge omdat ons weet dat die pyniginge, uithouvermoë in ons vervolmaak,

4. en die uithouvermoë vervolmaak ondervinding en die ondervinding vervolmaak versekerde verwagting

5. en die versekerde verwagting beskaam nie omdat die oorlopende liefde van God reeds in ons verstand, wil en emosie uitgestort is deur die Gees van Afsondering wat aan ons gegee is.

6. Waarlik, Die Gesalfde Een het ter wille van ons swakheid, op díé tyd, in die plek van bose mense gesterf.

7. Iemand sal moeilik vir ’n bose sterf; vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterf.

8. Hierin wys God Sy liefde vir ons: dat Die Gesalfde Een in ons plek gesterf het toe ons sekerlik nog sondaars was.

9. Hoeveel te meer sal ons, nou dat ons onskuldig verklaar is in Sy bloed, deur Hom gered word van die toorn,

10. want as ons verhouding met God, terwyl ons nog vyande was, deur die dood van Sy Seun, herstel is, hoeveel te meer sal ons deur Sy Lewe leef noudat ons verhouding herstel is.

Lees volledige hoofstuk Romeine 5