Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:3-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Groet Priskilla en Akulas, my medewerkers in Yeshua, Die Gesalfde Een,

4. wat ter wille van my lewe hulle nekke gewaag het en nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die ander nasies.

5. Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epaenetos, vir wie ons lief is, wat die eerste vrug vanuit Agaia vir Die Gesalfde Een is.

6. Groet Miryam wat hard gewerk het onder julle.

7. Groet Andronikos en Younias, my familie en medegevangenes, wat geken is deur die afgevaardigdes en reeds voor my in Die Gesalfde Een was.

8. Groet Amplias, wat ek liefhet in die Meester.

9. Groet Ourbanos, ons medewerker in Die Gesalfde Een en Stagus, vir wie ek lief is.

10. Groet Apelles, gekies in Die Gesalfde Een. Groet hulle wat van die huis van Aristoboulos is.

11. Groet Herodion, my familie. Groet hulle wat van die huis van Narkissos is, hulle wat in die Meester is.

12. Groet Troefaina en Troefosa, wat in ons Meester gearbei het. Groet Persis, vir wie ek lief is, wat hard gewerk het in die Meester.

13. Groet Roufos, wat gekies is deur die Meester, sy en my moeder.

14. Groet Asoenkritos, Flegon en die broers wat saam met hulle is en vir Hermas, Patrobas en Hermes.

15. Groet Filologos, Youlia, Nereus en sy suster, Olumpas en al die afgesonderdes wat saam met hulle is.

16. Groet mekaar met ’n afgesonderde soen. Al die gemeentes van Die Gesalfde Een groet julle.

17. Ek versoek julle, my broers: wees versigtig vir hulle wat verdeeldheid en struikeling veroorsaak buite die leringe wat julle geleer het. Julle moet wegbly van hulle af,

18. want sulke mense dien nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie, maar hulle eie maag en hulle mislei die verstand, wil en emosie van die reines deur hulle soet woorde en seëninge.`Am 5:15 maar onskuldig oor wat boos is.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16