Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Groet Troefaina en Troefosa, wat in ons Meester gearbei het. Groet Persis, vir wie ek lief is, wat hard gewerk het in die Meester.

13. Groet Roufos, wat gekies is deur die Meester, sy en my moeder.

14. Groet Asoenkritos, Flegon en die broers wat saam met hulle is en vir Hermas, Patrobas en Hermes.

15. Groet Filologos, Youlia, Nereus en sy suster, Olumpas en al die afgesonderdes wat saam met hulle is.

16. Groet mekaar met ’n afgesonderde soen. Al die gemeentes van Die Gesalfde Een groet julle.

17. Ek versoek julle, my broers: wees versigtig vir hulle wat verdeeldheid en struikeling veroorsaak buite die leringe wat julle geleer het. Julle moet wegbly van hulle af,

18. want sulke mense dien nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie, maar hulle eie maag en hulle mislei die verstand, wil en emosie van die reines deur hulle soet woorde en seëninge.`Am 5:15 maar onskuldig oor wat boos is.

19. Julle gehoorsaamheid het oral bekend geword; daarom verbly ek my oor julle en ek wens dat julle wys mag wees oor wat goed is,Gen 3:15 Die onverdiende guns van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, sal by julle bly!

20. Die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sal die teëstander spoedig onder julle voete verbrysel.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16