Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek vertrou aan julle toe, ons suster Foibe, wat ’n diensmaagd is van die gemeente in Kengreai

2. sodat julle haar kan aanvaar in ons Meester, soos dit by afgesonderdes pas en haar help in elke saak waarin sy julle hulp mag vra, want sy was ook vir baie ’n hulp en ook vir my.

3. Groet Priskilla en Akulas, my medewerkers in Yeshua, Die Gesalfde Een,

4. wat ter wille van my lewe hulle nekke gewaag het en nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die ander nasies.

5. Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epaenetos, vir wie ons lief is, wat die eerste vrug vanuit Agaia vir Die Gesalfde Een is.

6. Groet Miryam wat hard gewerk het onder julle.

7. Groet Andronikos en Younias, my familie en medegevangenes, wat geken is deur die afgevaardigdes en reeds voor my in Die Gesalfde Een was.

8. Groet Amplias, wat ek liefhet in die Meester.

9. Groet Ourbanos, ons medewerker in Die Gesalfde Een en Stagus, vir wie ek lief is.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16