Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 13:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want hy is die uitvoerder van God vir jou ten goede, maar as jy doen wat boos is, wees dan bang, want hy dra nie verniet die swaard nie, want hy is ’n uitvoerder van God, ’n vergelder van die woede, om die een wat boosheid doen, te straf.

5. As gevolg hiervan is dit noodsaaklik vir ons om gehoorsaam te wees, nie alleen ter wille van die wraak nie, maar ter wille van die gewete,Yir 29:7; 1 Kef 2:13

6. want daarom betaal julle ook belasting, want hulle is uitvoerders van God wat vir hierdie dinge aangestel is.Mat 22:20

7. Beloon daarom elke persoon soos wat aan hom verskuldig is: belasting aan die waaraan belasting verskuldig is, invoerbelasting aan die waaraan invoerbelasting verskuldig is; respek aan dié wat respek toekom, eer aan dié wat eer toekom.

8. Moenie iemand enige iets skuld nie, behalwe om mekaar lief te hê, want hy wat ’n ander liefhet, het die wet volledig gemaak.Eks 20:13-14; Lev 19:18 ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’Mat 22:39

9. Want dít: jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie en watter ander opdrag ook al, word in hierdie boodskap volledig gemaak:

10. Liefde doen nie kwaad aan sy medemens nie, want liefde is die vervolmaking van die geskrewe wet.Efe 5:14 want ons Lewe het nou nader aan ons gekom as toe ons aanvanklik vertrou het.

Lees volledige hoofstuk Romeine 13