Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:17-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. As sommige van die takke afgesny is en jy wat ’n wilde olyfboom is, in hulle plek ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

18. moet jou dan nie teen die takke verhoog nie en as jy jou verhoog; dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou!

19. Sonder twyfel sal jy sê: “Die takke is afgesny sodat ek in hulle plek ingeënt kon word.”Yir 5:10; Yir 11:16 maar jy staan deur vertroue. Moenie arrogant wees in jou gedagtes nie, maar vrees,

20. Goed, hulle is afgesny omdat hulle nie vertrou het nie,

21. want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy jou ook sekerlik nie spaar nie.

22. Kyk hierdeur na die goeddoen met sagtheid en die strengheid van God: strengheid oor die wat geval het, maar goeddoen met sagtheid oor jou as jy in Sy goedheid bly, anders sal jy ook afgesny word.

23. Ook hulle sal egter, as hulle nie in hulle tekort aan vertroue bly nie, ingeënt word, want God is magtig om hulle weer in te ent,Yog 15:1-7

24. want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild is en teen die natuur in op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul natuurlike olyfboom ingeënt word?Luk 21:24

25. Ek wil hê, my broers, dat julle hierdie geheimenis moet ken sodat julle nie wys mag wees in julle opinie van julleself nie: dat die verblinding gedeeltelik oor Yisra’el se verstand, wil en emosie gekom het totdat die volheid van die ander nasies ingegaan hetYes 59:20-21

26. en dan sal die hele Yisra’el gered word, soos geskrywe is: “Die Verlosser sal uit Tziyon kom en sal die boosheid wegdraai van Ya’akov afYes 27:9; Yes 42:6; Yes 49:8

27. en dan sal My verbond, wat uit My Teenwoordigheid kom, wanneer Ek hulle sondes vergewe, met hulle wees.”

28. Wat die goeie boodskap betref, is hulle vyande ter wille van julle, maar wat betref dat hulle gekies is, is hulle díé vir wie Ek lief is ter wille van die vaders,

29. want God verander nie in Sy geskenke en in Sy roeping nie,

30. want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou voorkeur ontvang het as gevolg van hulle ongehoorsaamheid,

31. so het hulle ook nou ongehoorsaam geword om deur julle omgeedaad aan hulle ook God se omgeedaad te kan ontvang,

32. want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit, om vir almal te kan omgee.

Lees volledige hoofstuk Romeine 11