Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. want elkeen wat hom op die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה beroep,

14. Hoe sal hulle hul dan beroep op Hom, behalwe as hulle in Hom vertrou? Hoe sal hulle in Hom vertrou as hulle Hom nie gehoor het nie? Of hoe sal hulle hoor sonder een wat verkondig?Yes 52:7

15. Of hoe kan hulle verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: “Hoe lieflik is die voete van die boodskapper van vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en van die boodskapper van goeie dinge.”Yes 53:1; Yog 12:38

16. Dit is egter nie almal wat die goeie boodskap gehoorsaam het nie, want Yesha’yahu het gesê: “My Meester, wie glo ons verslag?”

17. Vertroue is daarom in een wat luister en doen; een wat luister en doen wat God sê.Ps 19:2-5

18. Ek sê egter: “Het hulle nie gehoor nie?” Let op, hulle verslag het uitgegaan oor die hele aarde en hulle woorde tot by die eindes van die wêreld.”Deut 32:21

19. Ek sê egter: “Miskien het Yisra’el nie verstaan nie?” Moshe het vroeër gesê: “Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie en Ek sal julle kwaad maak teen ’n nasie wat nie gehoorsaam is nie.”Yes 65:1; Rom 9:30

20. Yesha’yahu sê openlik: “Ek het verskyn aan hulle wat nie na My gesoek het nie en Ek is gevind deur dié wat nie na My gevra het nie.”Yes 65:2; Rom 9:31

21. Vir Yisra’el sê Hy: “Die hele dag lank het Ek My hande uitgehou na mense wat twissoekerig en ongehoorsaam is.”2 Kro 20:7 want ek is ook vanuit Yisra’el, van die nageslag van Avraham, van die stam van Binyamin.

Lees volledige hoofstuk Romeine 10