Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. want elkeen wat hom op die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה beroep,

14. Hoe sal hulle hul dan beroep op Hom, behalwe as hulle in Hom vertrou? Hoe sal hulle in Hom vertrou as hulle Hom nie gehoor het nie? Of hoe sal hulle hoor sonder een wat verkondig?Yes 52:7

15. Of hoe kan hulle verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: “Hoe lieflik is die voete van die boodskapper van vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en van die boodskapper van goeie dinge.”Yes 53:1; Yog 12:38

16. Dit is egter nie almal wat die goeie boodskap gehoorsaam het nie, want Yesha’yahu het gesê: “My Meester, wie glo ons verslag?”

17. Vertroue is daarom in een wat luister en doen; een wat luister en doen wat God sê.Ps 19:2-5

18. Ek sê egter: “Het hulle nie gehoor nie?” Let op, hulle verslag het uitgegaan oor die hele aarde en hulle woorde tot by die eindes van die wêreld.”Deut 32:21

Lees volledige hoofstuk Romeine 10