Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My broers, die begeerte van my verstand, wil en emosie en my intrede voor God vir hulle, is vir hulle onthalwe dat hulle gered mag word,

2. want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God in hulle het, maar nie in kennis nie

3. omdat hulle die onpartydige opregtheid van God nie ken nie, maar hulle eie onpartydige opregtheid probeer oprig; daarom het hulle die onpartydige opregtheid van God nie gehoorsaam nie,

4. want die einddoel van die geskrewe wet is Die Gesalfde Een tot onpartydige opregtheid aan elkeen wat vertrou,Lev 18:5

5. want Moshe skryf dat die man wat die onpartydige opregtheid praktiseer wat uit die wet is, volgens daardie onpartydige opregtheid sal lewe.”

6. Die onpartydige opregtheid wat uit vertroue is, sê dit so: “Moenie in jou gedagtes, wil en verstand sê: ‘Wie het opgegaan na die hemel en Die Gesalfde Een afgestuur;

7. wie het in die bodemlose put van Sh’ol neergedaal en Die Gesalfde Een uit die dood uit opgebring?’ nie.Deut 30:11-14 “Naby jou is die antwoord, in jou mond en in jou verstand.” Dit is die boodskap van vertroue wat ons verkondig:

8. Daarteenoor, wat sê dit?

9. as jy met jou mond ons Meester, Yeshua, verklaar en met jou verstand, wil en emosie vertrou dat God Hom uit die dood uit opgewek het, sal jy lewe hê,

10. want die verstand, wil en emosie wat in Hom vertrou, is onskuldig verklaar en die mond wat Hom bely, lewe,Yes 28:16

Lees volledige hoofstuk Romeine 10