Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die sewe engele met die sewe ramshorings het hulle gereed gemaak om te blaas.

7. Die eerste het geblaas en daar was hael en vuur, met water gemeng, wat op die aarde gegooi is en ’n derde van die aarde, ’n derde van die bome en al die groen gras het verbrand.

8. Die tweede het geblaas en iets, soos ’n groot brandende berg, het in die see geval en ’n derde van die see het bloed geword.

9. ’n Derde van alles wat in die see geskep is en lewe, het gesterf en ’n derde van die skepe is vernietig.

10. Die derde het geblaas en ’n groot ster, wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval en dit het op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine geval.

11. Die naam van die ster word Wilde-als (Apsythna) genoem en ’n derde van die waters het soos als(em)kruid geword en baie mense het doodgegaan van die water omdat dit bitter geword het.

12. Die vierde het geblaas en ’n derde van die son, ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre is verslind sodat ’n derde van hulle donker geword het en ’n derde van die dag het nie verskyn nie en net so van die nag.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8