Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:10-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die derde het geblaas en ’n groot ster, wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval en dit het op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine geval.

11. Die naam van die ster word Wilde-als (Apsythna) genoem en ’n derde van die waters het soos als(em)kruid geword en baie mense het doodgegaan van die water omdat dit bitter geword het.

12. Die vierde het geblaas en ’n derde van die son, ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre is verslind sodat ’n derde van hulle donker geword het en ’n derde van die dag het nie verskyn nie en net so van die nag.

13. Ek het ’n arend wat in die lug vlieg gehoor wat sê: “Wee, wee, wee aan die wat op die aarde bly, as gevolg van die klank van die ramshorings van die drie engele wat nog sal blaas!”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8