Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 7:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ná hierdie dinge het ek vier engele oor die vier hoeke van die aarde sien staan en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou sodat die wind nie sou waai oor die aarde of oor die see of oor enige boom nie.

2. Ek het ook ’n ander engel sien opkom vanuit die opkomende son (ooste) met die seël van die lewende God en hy het met ’n harde stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see skade te berokkenYeg 9:4 verseël het nie.”

3. en gesê: “Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van ons God tussen hulle oëZ’kh 9:14-16 een honderd vier en veertig duisend vanuit al die stamme van Yisra’el:

4. Ek het die getal van die verseëldes gehoor:

5. Uit die stam van Y’hudah twaalf duisend; uit die stam van Re’uven twaalf duisend; uit die stam van Gad twaalf duisend;

6. uit die stam van Asher twaalf duisend; uit die stam van Naftali twaalf duisend; uit die stam van M’nasheh twaalf duisend;

7. uit die stam van Shim’on twaalf duisend; uit die stam van Levi twaalf duisend; uit die stam van Yissakhar twaalf duisend;

8. uit die stam van Z’vulun twaalf duisend; uit die stam van Yosef twaalf duisend; uit die stam van Binyamin twaalf duisend verseëldes.

9. Ná hierdie dinge het ek ’n menigte uit alle volke, stamgroepe, nasies en tale gesien, wat niemand kon tel nie, wat staan voor die Troon en voor Hom wat die Lam is, aangetrek in wit klere en met palmtakke in hulle hande

10. en hulle het met ’n harde stem geroep en gesê: “Verlossing behoort aan ons God, aan Hom wat op die troon sit, aan die Lam!”

11. Al die engele het rondom die troon, die oudstes en die vier wesens gestaan en hulle het voor die troon op hulle gesigte neergeval,

12. terwyl hulle sê: “Dit is waar! Die lof, eer, aanbidding, seën, wysheid, aanvaarding van onverdiende guns, die krag en die sterkte behoort aan ons God tot in tydlose ewigheid! Dit is waar.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 7