hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het aan die regterkant van Hom wat op die troon sit, ’n boekrol gesien, met binne en buite op geskryf en met sewe seëls verseël

2. en ek het ’n ander kragtige engel gesien, wat met ’n harde stem verkondig: “Wie is waardig om die boekrol oop te maak en sy seëls los te breek?”

3. Niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boekrol of sy seëls oop te maak, of daarin te kyk nie

4. en ek het baie gehuil omdat daar niemand waardig gevind is om die boekrol oop te maak of sy seëls los te breek nie.Gen 49:9-10 die wortel van Dawid,Yes 11:1-10 is waardig om die boekrol en sy sewe seëls oop te maak.”

5. Een van die oudstes sê vir my: “Moenie huil nie. Let op, die Leeu vanuit die stam van Y’hudah,Yes 53:7-8 met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is, wat uitgestuur is oor die hele aarde.

6. Ek het gesien, let op, tussen die troon, die vier wesens en die oudstes, staan daar ’n Lam asof Hy geslag is,

7. Hy het gekom en die boekrol gevat uit die hand van Hom wat op die troon sit.

8. Toe Hy die boekrol ontvang het, val die vier wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met ’n snaarinstrument en ’n goue bak vol soet speserye, wat die gebede van die afgesonderdes is,Ps 98:1 en sê: “U is waardig om die boekrol op te tel en sy seëls los te maak, want U is doodgemaak en het ons vanuit elke stam, volk en nasie, met U bloed, vir God losgekoop

9. wat ’n nuwe lofprysingslied singGen 1:26,28; Eks 19:6; Yes 61:6; 1 Kef 2:5,9

10. en U het hulle, vir ons God se Koninkryk, priesters en konings gemaak en hulle sal oor die aarde heers.”

11. Ek sien en hoor die stemme van baie engele rondom die troon en van die wesens en die ouderlinge en hulle getalle was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende

12. en hulle het met ’n harde stem gesê: “Die Lam wat doodgemaak is, is waardig om die krag, rykdom, wysheid, mag, eer, lof, grootheid en seën te ontvang.”Dan 7:9-14

13. Elke skepsel wat in die hemel, op die aarde, onder die aarde en in die see is; alles wat daarin is, het ek gehoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam: Seën, eer, lof, grootheid en heerskappy vir tydlose ewigheid!”

14. Toe die vier wesens sê: “Dit is waar!” val die vier en twintig oudstes neer en aanbid.Z’kh 6:2-3Ek het gesien toe die Lam die eerste van die seëls oopmaak en ek het een van die vier wesens, met ’n stem soos die van ’n donderslag, hoor sê: “Kom en kyk!”