Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 21:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy wat die oorwinning behaal, sal hierdie dinge erf en Ek sal vir hom ’n God wees en hy sal vir My ’n seun wees,

8. maar die wat vrees het, die wat nie vertrou nie, die bose, die wat besoedel is, moordenaars, towenaars, seksuele oortreders, afgodaanbidders en alle leuenaars, se deel is in die meer, wat met vuur en swael brand, wat die tweede dood is.”Yeg 40-48

9. Een van die sewe engele wat die sewe flesse vol van die sewe laaste plae gehad het, het gekom en met my gepraat en gesê: “Kom, ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.”

10. Hy het my in die gees gedra na ’n groot, hoë berg en vir my die stad gewys, die afgesonderde Yerushalayim, wat uit die hemel vanaf die Teenwoordigheid van God afkom.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 21