Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 21:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. en die stad het in ’n vierkant gelê en sy lengte was net so groot soos sy breedte. Hy het die stad met die riet gemeet op twaalf duisend stadië; sy lengte en breedte en hoogte was dieselfde.

17. Hy het sy muur gemeet op een honderd vier en veertig el (65 meter), volgens ’n mens se maat, wat die maat is wat die engel gebruik het.

18. Die muur is met kwarts-jaspis gebou en die stad van suiwer goud, wat lyk soos suiwer glas

19. en die fondasie van die muur van die stad is versier met edelgesteentes. Die eerste fondasie is rooi-blou-geel-jaspis-kwarts, die tweede saffier, die derde wit-kalsedoon, die vierde smarag,

20. die vyfde rooi en wit sardius en gestreepte oniks, die sesde rooi en wit sardius, die sewende klip van goud, die agtste beril, die negende topaas, die tiende groen-goud krisopraas, die elfde donkerblou hiasint en die twaalfde ametís.

21. Die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte is gemaak uit een pêrel en die straat van die stad is suiwer goud, asof daar glas in isHeb 9:11

Lees volledige hoofstuk Openbaring 21