Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 21:13-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte en aan die westekant drie poorte

14. en die muur van die stad het twaalf fondamente gehad en daarop was die name van die twaalf afgevaardigdes van die Seun.

15. Hy wat met my gepraat het, het ’n goue meetriet gehad, om die stad en sy muur te meet

16. en die stad het in ’n vierkant gelê en sy lengte was net so groot soos sy breedte. Hy het die stad met die riet gemeet op twaalf duisend stadië; sy lengte en breedte en hoogte was dieselfde.

17. Hy het sy muur gemeet op een honderd vier en veertig el (65 meter), volgens ’n mens se maat, wat die maat is wat die engel gebruik het.

18. Die muur is met kwarts-jaspis gebou en die stad van suiwer goud, wat lyk soos suiwer glas

19. en die fondasie van die muur van die stad is versier met edelgesteentes. Die eerste fondasie is rooi-blou-geel-jaspis-kwarts, die tweede saffier, die derde wit-kalsedoon, die vierde smarag,

20. die vyfde rooi en wit sardius en gestreepte oniks, die sesde rooi en wit sardius, die sewende klip van goud, die agtste beril, die negende topaas, die tiende groen-goud krisopraas, die elfde donkerblou hiasint en die twaalfde ametís.

21. Die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte is gemaak uit een pêrel en die straat van die stad is suiwer goud, asof daar glas in isHeb 9:11

22. en ek het nie die tempel daarin gesien nie, want יהוה-God, wat alles vashou, is sy tempel.

23. Vir die stad en die Lam is die son of die maan nie nodig om te skyn nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God verlig dit en die Lam is sy lamp

24. en die nasies leef in Sy lig en die konings van die aarde bring eer, lof en grootheid aan die stad.

25. Sy poorte sal nooit bedags gesluit word nie, want daar sal nie nag wees nie.

26. Hulle sal die eer, lof en grootheid van die nasies vir die stad bringEfe 2:19

Lees volledige hoofstuk Openbaring 21