Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 2:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy wat ore het, luister wat die Gees vir die gemeentes sê: “Aan die wat die oorwinning behaal, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe, wat in God se paradys is”.’Yes 44:6; Yes 48:12 wat dood was en lewe:

8. Skryf vir die boodskapper van die gemeente in Smurna: ‘Dít sê die Eerste en die Finale,

9. “Ek ken jou lyding en jou armoede, maar jy is ryk; Ek ken ook die kwaadpraat van dié wat sê dat hulle Jode van Y’hudah is terwyl hulle dit nie is nie, maar deelgenote van die teëstander.

10. Moenie bang wees vir enige iets wat jy gaan ly nie. Let op, die teëstander gaan sommige van julle in die tronk gooi om getoets te word en julle sal tien dae lank lyding hê. Wees vol vertroue tot die dood toe en Ek sal vir jou ’n kroon van lewe gee”.’

11. Hy wat ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê: “Die wat volhard totdat die oorwinning behaal is, sal nie deur die tweede dood seergemaak word nie”.’

12. Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Pergamos is: ‘Dít sê Hy wat die skerp swaard met twee snykante het:

13. “Ek ken die plek waar jy bly, waar die troon van die teëstander is, dat jy steeds vashou aan My Outoriteit en Karakter en My vertroue nie verwerp het nie; in die tyd toe jy en My getroue getuie gestry het namens al My getroue getuies, is hy vermoor tussen julle,

14. maar Ek het sekere dinge teen jou: dat jy mense daar het wat vashou aan die leer van Bil’am, wat vir Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Yisra’el te gooi, om offers aan afgode te eet en om seksueel immoreel te wees.

15. Jy het ook, net so, mense wat vashou aan die leer van Nikolaita.

16. Draai daarom terug, anders kom Ek dadelik op jou af en sal met die swaard van My mond teen julle oorlog maak.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 2