Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 2:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.

5. Onthou van waaruit jy gekom het en doen die dade van vroeër, anders kom Ek teen jou en Ek sal jou kandelaar wegvat as jy nie wegdraai van jou sonde na God toe nie,

6. maar dit het jy, dat jy die dade van Nikolaita haat, wat Ek ook haat.”

7. Hy wat ore het, luister wat die Gees vir die gemeentes sê: “Aan die wat die oorwinning behaal, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe, wat in God se paradys is”.’Yes 44:6; Yes 48:12 wat dood was en lewe:

8. Skryf vir die boodskapper van die gemeente in Smurna: ‘Dít sê die Eerste en die Finale,

9. “Ek ken jou lyding en jou armoede, maar jy is ryk; Ek ken ook die kwaadpraat van dié wat sê dat hulle Jode van Y’hudah is terwyl hulle dit nie is nie, maar deelgenote van die teëstander.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 2