Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 2:17-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy wat ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê: “Aan hom wat die oorwinning behaal, sal Ek gee om te eet van die versteekte ‘man hu’ en Ek sal vir hom ’n wit klippie gee en op dié klippie is ’n nuwe naam (karakter en outoriteit) geskryf wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit kry”.’

18. Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Thuateira is: ‘Dít sê die Seun van God; Hy wat oë het soos vlamme van vuur en voete soos brons van die L’vanon:

19. “Ek ken jou dade, jou liefde, jou vertroue, jou dienswerk, jou volharding en dat jou dade nou meer is as aan die begin,1 Tim 2:12 en hulle te mislei om seksueel immoreel te wees en om offers aan afgode te eet

20. maar Ek het baie teen jou, want jy laat jou vrou, Izevel, wat van haarself sê dat sy ’n profetes is, toe om My diensknegte te leer

21. en Ek het haar tyd gegee om te erken en weg te draai na God toe en sy het gekies om nie van haar seksuele immoraliteit af weg te draai nie.

22. Let op, Ek gooi haar en dié wat met haar hoereer, in ’n kis, in groot lyding, as hulle nie hulle dade erken en wegdraai na God toe nie

23. en haar kinders sal Ek doodmaak in die dood en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat die niere, verstand, wil en emosie deursoek en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy dade.

24. Ek sê vir julle ander wat in Thuateira is, almal wat nie hierdie leer vashou en nie ‘die dieptes van die teëstander ken,’ soos hulle dit noem, nie: Ek sal geen ander las op julle lê nie.

25. Hou daarom net vas totdat Ek kom.

26. Aan hom wat volhard totdat die oorwinning behaal is en My dade doen, sal Ek outoriteit gee oor die nasies,

27. om vir hulle ’n herder te wees met ’n ysterstaf. Soos erdegoed sal jy hulle stukkend slaan, want net so het Ek ook van My Vader ontvang

28. en Ek sal vir hom die môrester gee.

29. Hy wat ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê.’

Lees volledige hoofstuk Openbaring 2