Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ons verheug ons en vier fees. Ons gee aan Hom die eer, lof en aanbidding, want die bruilof van die Lam het gekom

8. Skoon en glansende fyn linne is aan haar gegee om aan te trek, want fyn linne is die opregtheid van die afgesonderdes.”

9. Hulle sê vir my: “Skryf: geseënd is die wat geroep is na die feesmaal by die bruilof van die Lam.” Een sê vir my: “Hierdie is die ware boodskap van God.”

10. Ek het voor sy voete neergeval en hom aanbid en hy het vir my gesê: “Nee! Ek is jou medeslaaf en die van jou broers, wat die getuienis van Yeshua het. Aanbid eerder God, want die getuienis van Yeshua is die gees van profesie.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19