Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. ’n Stem vanaf die troon het gesê: “Lofprys ons God, al Sy werke en aanbidders van Sy Karakter en Outoriteit (Naam), almal, klein en groot!”Yeg 1:24 wat sê: “Lofprys יהוה alleen, want יהוה-God, wat alles vashou, heers.Ps 103:19; Ps 145:13; Yes 2:2-4; Yes 9:5-6; Yes 11:6-9; Mik 4:1-4

6. Ek het ’n geluid gehoor soos die van ’n groot menigte, soos die geluid van baie water en soos die geluid van magtige donderslaeYes 62:4-5; Yog 3:28-30 en Sy vrou het haarself gereed gemaak.

7. Ons verheug ons en vier fees. Ons gee aan Hom die eer, lof en aanbidding, want die bruilof van die Lam het gekom

8. Skoon en glansende fyn linne is aan haar gegee om aan te trek, want fyn linne is die opregtheid van die afgesonderdes.”

9. Hulle sê vir my: “Skryf: geseënd is die wat geroep is na die feesmaal by die bruilof van die Lam.” Een sê vir my: “Hierdie is die ware boodskap van God.”

10. Ek het voor sy voete neergeval en hom aanbid en hy het vir my gesê: “Nee! Ek is jou medeslaaf en die van jou broers, wat die getuienis van Yeshua het. Aanbid eerder God, want die getuienis van Yeshua is die gees van profesie.

11. Ek het die hemel gesien oopgaan en let op, daar was ’n wit perd en Hy wat daarop sit word genoem: Vertrouenswaardig en Waar en Hy is onpartydig opreg in oordeel en in oorlogvoering.

12. Sy oë was soos vlamme van vuur en op Sy kop was baie krone en Sy Naam wat op Hom geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hyself.Yog 1:1

13. Hy is aangetrek met klere deurweek in bloed en Sy Naam is: Die Boodskap van God.Z’kh 14:5 aangetrek met wit, skoon, fyn linne

14. Die leërs van die hemel was saam met Hom op wit perde,Ps 2:9 en Hy trap die parskuip van die wyn van die woede van God, wat alles vashou, uit.

15. en uit hulle monde gaan daar skerp swaarde uit waarmee hulle die nasies sal doodmaak en Hy sal vir hulle ’n Herder met ’n ysterstaf wees

16. Op Sy klere, oor Sy heup, is die Naam geskryf: die Koning van die konings en die Meester van die meesters.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19