Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Sy oë was soos vlamme van vuur en op Sy kop was baie krone en Sy Naam wat op Hom geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hyself.Yog 1:1

13. Hy is aangetrek met klere deurweek in bloed en Sy Naam is: Die Boodskap van God.Z’kh 14:5 aangetrek met wit, skoon, fyn linne

14. Die leërs van die hemel was saam met Hom op wit perde,Ps 2:9 en Hy trap die parskuip van die wyn van die woede van God, wat alles vashou, uit.

15. en uit hulle monde gaan daar skerp swaarde uit waarmee hulle die nasies sal doodmaak en Hy sal vir hulle ’n Herder met ’n ysterstaf wees

16. Op Sy klere, oor Sy heup, is die Naam geskryf: die Koning van die konings en die Meester van die meesters.

17. Ek het ’n ander engel sien staan in die son en hy het met ’n harde stem uitgeroep en vir die voëls wat in die lug vlieg gesê: “Kom hier bymekaar vir die groot feesmaal van God,

18. om die vleis van konings, die vleis van bevelvoerders oor ’n duisend, die vleis van soldate, die vleis van perde en van die wat daarop sit, die vleis van vrymense, sowel as slawe, klein, sowel as groot, te kan eet.”

19. Ek het die dier en sy leërmag en die konings van die aarde en hulle soldate gesien wat bymekaargekom het om oorlog te maak teen Hom wat op die perd sit en teen Sy leër.Yeg 38:22; Dan 7:11

20. Die dier is gevange geneem en saam met hom die vals profeet wat wondertekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle mislei het wat die merk van die dier ontvang en die wat sy beeld aanbid het. Hulle het albei afgegaan en is in die meer van vuur, wat met swael brand, gegooi,

21. maar die res is doodgemaak met die swaard van Hom wat sit op die perd, wat uit Sy mond uitgaan en al die roofvoëls is versadig deur hulle vleis.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19