hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Een van die sewe engele met die sewe flesse het gekom en met my gepraat en vir my gesê: “Volg my en ek sal vir jou die oordeel wys van die hoer wat op baie waters sit,

2. want met haar het die konings van die aarde seksueel immoreel verkeer en almal, wat op die aarde bly, het dronk geword van die wyn van haar seksuele immoraliteit.”

3. Hy het my in die gees na die wildernis toe gebring en ek het ’n vrou sien sit op ’n bloedrooi dier, vol name wat kwaadpraat teen God, wat sewe koppe, maar tien horings het.Yir 51:7

4. Die vrou was aangetrek met pers en skarlakenrooi en versier met goud, edelstene en pêrels en sy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol verwerplikhede en die vuilheid van haar seksuele immoraliteit

5. en tussen haar oë is geskryf: die geheime, groot Bavel, die moeder van hoere en van die vuilhede van die aarde.

6. Ek het die vrou gesien wat dronk was van die bloed van die afgesonderdes en van die bloed van die getuies van Yeshua en ek was verbaas met ’n groot verbasing toe ek haar sien.

7. Die engel sê vir my: “Waarom is jy verwonderd? Ek sal jou die geheim van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings wat haar dra.Dan 7:19-25 Hulle wat op die aarde bly, wie se name nie van die skepping van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie en naderkom.

8. Die dier wat jy gesien het, was nie en is nie en is op die punt om uit die see uit op te kom en gaan na vernietiging.

9. Hier is die betekenis vir dié een wat wysheid het. Die sewe koppe is sewe berge waarop die vrou sit

10. en daar is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie en wanneer hy kom, is vir hom net ’n kort rukkie gegee om te bly.

11. Die draak en die dier wat hy gebring het en wat nie is nie, is self ook die agtste en hy kom vanuit die sewe en gaan na die vernietiging.

12. Die tien horings is tien konings wat nog nie ’n koninkryk ontvang het nie, maar wat outoriteit vir een uur lank, as koning, saam met die dier neem.

13. Hulle sal in eenheid wees en hulle krag en outoriteit oorgee aan die dier.

14. Hulle sal teen die Lam oorlog voer en die Lam sal hulle oorwin, want Hy is die Meester van die meesters en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, is geroep, gekies en vertrouenswaardig.”

15. Hy sê vir my: “Die waters wat jy gesien het, waarop die hoer sit, is volke, stamme, nasies en tale

16. en die tien horings wat jy op die gevaarlike dier gesien het, hulle sal die hoer haat, haar verstoot, kaal maak, haar vleis verslind en haar met vuur verbrand,

17. want God het dit in hulle verstand, wil en emosie gegee om Sy wil te doen en om hulle doel saam uit te voer en hulle koninkryk aan die dier te gee totdat die woorde van God volledig uitgevoer is.

18. Die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heers oor die konings van die aarde.”Yeg 27-28