Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 16:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Die derde engel het sy fles in die riviere en in die waterfonteine uitgegooi en dit het bloed geword

5. en ek het die engel van die waters hoor sê: “U wat is en wat was is Regverdig en Afgesonderd; U wat hierdie dinge beveel het,Yes 49:26

6. want hulle het die bloed van afgesonderdes en profete laat vloei en U het vir hulle bloed gegee om te drink, wat hulle verdiende loon is.”

7. Ek het die altaar hoor sê: “Ja, יהוה-God, wat alles vashou, waar en onpartydig opreg is U oordele.”

8. Die vierde engel het sy fles oor die son uitgegooi en aan hom is gegee om die mense met vuur te verbrand.

9. Die mense is verbrand met ’n groot hitte en hulle het kwaad gepraat van die Outoriteit en Karakter (Naam) van God, wat outoriteit het oor hierdie plae en hulle het nie erken en berou gehad om aan Hom eer, lof en aanbidding te gee nie.

10. Die vyfde engel het sy fles oor die troon van die dier uitgegooi, sy koninkryk het donker geword en hulle het hulle tonge geknaag van die pyn.

11. Hulle het kwaad gepraat van die Karakter en Outoriteit (Naam) van God van die hemel as gevolg van hulle pyne en hulle swere en hulle het nie erken en berou gehad oor hul dade nie.

12. Die sesde engel het sy fles oor die groot rivier, die Eufrates, uitgegooi en sy water het opgedroog sodat die pad vir die konings wat van die Ooste af kom, voorberei kon word.

13. Ek het uit die bek van die draak, uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste sien uitkom, soos paddas,

14. want dit is geeste van demone wat wondertekens doen, wat uitgaan na die konings van die hele aarde, om hulle bymekaar te maak vir die oorlog van daardie groot dag van God, wat alles vashou.

15. Let op, Ek kom soos ’n dief. Seën vir hom wat waaksaam is en sy klere beskerm sodat hy nie miskien kaal rondloop en hulle sy skaamte sien nie

16. en Hy sal hulle bymekaarmaak op die plek wat in Hebreeus genoem word Megiddo.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 16