hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het ’n ander groot en wonderlike teken in die hemel gesien: sewe engele met die sewe laaste plae, want in húlle is God se wraak afgehandel.

2. Ek het ook iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur, gesien en dié wat onskuldig was aangaande die dier, sy beeld en die getal van sy karakter en outoriteit (naam), het oorkant die see van glas gestaan, met die snaarinstrumente van GodEks 15:1-19; Deut 32:1-43 die dienskneg van God en die lied van die Lam gesing en gesê: “Groot en wonderlik is U dade, יהוה-God-Almagtig, wat alles vashou, onskuldig en waar is U dade,Ps 86:9-10; Ps 92:6; Ps 98:1; 1 Kro 16:9,12 Koning van die wêreld!

3. en hulle het die lied van Moshe,Z’kh 14:16-20; Mat 22:16

4. Wie sal U nie respekvol vrees nie יהוה en U Karakter en Outoriteit (Naam) nie eer en loof nie, want U alleen is Afgesonderd; daarom sal al die nasies kom en voor U aanbid omdat U Waarheid is.”

5. Ná hierdie dinge het ek gesien dat die tempel (die tent van die getuienis in die hemel) oopgemaak is

6. en sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgegaan, aangetrek met stralende skoon linne, om die bors vasgebind met goue gordels.

7. Een van die vier wesens het aan die sewe engele sewe flesse gegee, vol van die woede van God, wat die Lewe is vir tydlose ewigheid. Dit is waar.

8. Die tempel was vol rook vanuit die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God en vanuit Sy Mag en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele afgehandel is nie.