Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 14:1-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het gesien, let op, die Lam staan op die berg Tziyon en saam met Hom een honderd vier en veertig duisend met Sy Karakter en Outoriteit (Naam) en die Karakter en Outoriteit (Naam) van Sy Vader tussen hulle oë geskryf.Yeg 1:24; Yeg 43:2 en soos die geluid van harde donderslae en ek het die geluid gehoor van ’n harpspeler wat op sy harp speel

2. Ek het ’n geluid vanaf die hemel gehoor soos die geluid van baie waters

3. en hulle het ’n nuwe lofprysingslied voor die troon gesing, voor die vier wesens en voor die oudstes en niemand kon die lied leer nie, behalwe die een honderd vier en veertig duisend wat vanaf die aarde vrygekoop is.

4. Dit is hulle wat hulself nie met vroue besoedel het nie en maagdelik is; dit is hulle wat vashou aan die Lam, waar Hy ook al heengaan; dit is hulle wat gekoop is vanuit die mense, as eerste vrugte vir God en vir die Lam,Tz’f 3:13 want hulle is sonder fout.

5. want in hulle mond is daar geen valsheid gevind nie,

6. Ek het ’n ander engel met die Ewige Goeie Boodskap deur die hemel sien vlieg om aan alle nasies, stamme, tale en volke te verkondig; aan die wat op die aarde bly.

7. Hy het met ’n harde stem gesê: “Vrees en respekteer God en gee Hom eer, lof en aanbidding, want die tyd van Sy oordeel het gekom en aanbid Hom, wat die hemel, die aarde, die see en die waterfonteine gemaak het.”Yes 21:9 wat al die nasies laat drink het van die hartstog van haar seksuele immoraliteit.”

8. ’n Ander, tweede, het hom gevolg en gesê: “Sy het geval, sy het geval, Bavel, die grote,

9. ’n Ander, derde engel het hulle gevolg en met ’n harde stem gesê: “Wie ook al die dier en sy beeld aanbid en sy seël tussen sy oë ontvang het,Ps 11:6 voor die afgesonderde engele en voor die Lam.”

10. sal self ook drink van die wyn van die passie van יהוה, wat onverdund ingeskink is in die beker van Sy woede en hy sal gepynig word met vuur en swael

11. Die rook van hulle pyniging gaan op tot in tydlose ewigheid en hulle wat die dier en sy beeld aanbid en elkeen wat die merk van sy karakter en outoriteit aanvaar, het dag en nag geen rus nie.Deut 7:9; Yog 14:15; Yog 15:14; Open 22:14

12. Hier is die volharding van die afgesonderdes: hulle wat die opdragte van God uitvoer en getrou bly aan Yeshua.

13. Ek het ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf: geseënd is die dooies, wat van nou af in ons Meester doodgaan, ja, sê die Gees, want hulle rus van hul dade.”

14. Let op, daar was ’n wit wolk en op die wolk sit een wat lyk soos ’n man, met ’n goue kroon op sy kop en in sy hand ’n skerp sekel.Yo’el 3:9-13; Yes 63:1-6; Yir 25:15, 28-30 ’n Ander engel het uit die tempel uitgekom en met ’n groot stem geroep na hom wat op die wolk sit: “Stuur jou sekel en maai, want die tyd het gekom om te oes.”

15. (vs. 15-20)

16. Hy wat op die wolk sit, het sy sekel op die aarde ingesteek en die aarde is afgeoes.

17. ’n Ander engel het uit die tempel, wat in die hemel is, uitgegaan en hy het ’n skerp sekel gehad.

18. ’n Ander engel wat outoriteit oor vuur gehad het, het vanuit die altaar uitgegaan en met ’n harde stem geroep na hom wat die skerp sekel het en gesê: “Stuur jou skerp sekel uit en maak die trosse van die wingerdstok van die aarde bymekaar, want sy druiwe is groot.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 14