Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 13:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. en almal wat op die aarde bly sal hom aanbid, almal wat nie van voor die oorsprong van die wêreld opgeskryf is in die boekrol van Lewe, dié van die neergeslaande Lam, nie.

9. Die een wat ’n oor het, laat hom luister.

10. Wie ook al in ballingskap wegvoer, sal in ballingskap gaan; die wat met die swaard doodmaak, sal met die swaard doodgemaak word. Hierin is die vertroue en die volharding van die afgesonderdes.

11. Ek het ’n ander dier sien opkom uit die aarde en dit het twee horings gehad, net soos ’n lam en het gepraat soos ’n draak.

12. Dit sal al die outoriteit van die eerste dier uitoefen in sy teenwoordigheid en hy sal maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier waarvan die dodelike wond genees is, ook aanbid.

13. Hy sal ook groot wondertekens voor die mense doen, soos om vuur uit die hemel op die aarde te laat afkom

14. en dit sal dié wat op die aarde bly mislei, deur die wondertekens wat aan hom gegee is om in die teenwoordigheid van die dier te doen, deur aan dié wat op die aarde bly te sê dat hulle ’n beeld moet maak van die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.

15. Dit is vir hom gegee om ’n gees aan die gevaarlike dier se beeld te gee en te veroorsaak dat almal wat die dier se beeld nie aanbid nie, vermoor word.Eks 13:9,16; Deut 6:8

16. Dit sal aan almal: klein, groot, die rykes, die armes, die vrymense en die slawe, ’n seël op hulle regterhand of op hulle voorkoppe, gee

17. sodat niemand weer kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat sy merk het: die karakter en outoriteit (naam) van die gevaarlike dier, of die getal van sy naam.

18. Hier is wysheid: wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens en sy getal is ses honderd ses en sestig (666).

Lees volledige hoofstuk Openbaring 13